GEREGISTREERDE HOOF VERPLEEGKUNDIGE
Ons Huis is ‘n program van Badisa en het ‘n pos vir ‘n Geregistreerde Hoof Verpleegkundige beskikbaar.
Vereistes:
- Geregistreer wees by SARV/SANC as geregistreerde Verpleegkundige
- Kennis in die toepassing van geskeduleerde medikasie en die kontrole daarvan
- Kennis en begrip van toepaslike wetgewings & regulasies en norme & standaarde
- Deelnemende bestuurstyl
- Goeie menseverhoudings kan handhaaf en effektiewe kommunikasie vaardigheid in Afrikaans en Engels
- Goeie kennis van holistiese bejaardesorg
- Rekenaarvaardig in MS Word, Excel & Outlook
- Goeie beplanning en organisasie vermoë
- Gesertifiseerde afskrifte van alle sertifikate en diplomas, nie ouer as 3 maande nie; o.a. Raad Kwitansie en toepaslike opleiding sertifikate
- Indemniteits versekering
Verantwoordelikhede:
- Voldoen aan die Wet op Verpleging/Bestek van Praktyk en Wet op Ouer Persone
- Toepassing van toepaslike wetgewing en regulasie
- Fasilitering / bestuur van personeel
- Fasilitering en versorging van inwoners
- Skakeling met die multidissiplinêre span, sowel as familielede van inwoners
- Ontwikkeling & implementering van prosedures & handleidings, beleids dokumente en inligtingstukke
- Byhou van statistieke, skryf van verslae, byhou van raadsvergaderings soos versoek
- Skedulering en bestuur van skofte
Diensvoordele:
- Volgens Badisa salarisskale.
- Pensioenfonds
- Mediese fonds
- Ruim verlof
Aansoek sluit: 31 Oktober 2026
Aansoek moet skriftelik met volledige CV en bewys van kwalifikasies en registrasie van SARV/SANC gerig word aan:
Die Bestuurder: Ons Huis
e-pos: bestuur@ons-huis.co.za