STAFVERPLEEGKUNDIGE (INGESKREWE VERPLEEGKUNDIGE)
Herfsvreugde Tehuis is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en die VGKSA (Kaapland).
Aansoeke word ingewag van ‘n entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde Staf verpleegkundige met ‘n passie vir die versorging van ouer persone. Ons soek ‘n persoon met ‘n langtermyn visie wat bereid is om hom/haar in Bonnievale of die onmiddellike omgewing te vestig en saam met Herfsvreugde se sorg dienste te groei en ontwikkel.
MINIMUM VEREISTES EN ONDERVINDING
- Toepaslike kwalifikasie en geldige registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV/SANC) as Staf verpleegkundige/Ingeskrewe Verpleegkundige.
- Geldige professionele vrywarings versekering.
- Goeie kennis van die mediese, fisiese, emosionele en kognitiewe versorgingsbehoeftes van ouer persone.
- Kennis van toepaslike wetgewing, norme, standaarde, protokolle en prosedures binne bejaardesorg.
- Goeie kennis van medikasie hantering, insluitend geskeduleerde medikasie, voorraadbeheer, dokumentasie en kontrolemaatreëls binne die toepaslike omvang van praktyk.
- Goeie observasie-, administratiewe, rekenaar- en verslagdoening vaardighede.
- Goeie mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.
- Sterk menseverhoudings en die vermoë om selfstandig en binne ‘n multidissiplinêre span te werk.
- Bereidwilligheid om dag- en nagskofte, naweke, openbare vakansiedae en, waar nodig, na ure te werk.
- ‘n Geldige bestuurslisensie sal voordelig wees.
- Vorige ervaring in bejaardesorg, hoë sorg, tuisversorging of gemeenskapsgebaseerde sorg sal in die kandidaat se guns tel.
KERNVERANTWOORDELIKHEDE
- Lewering van veilige, professionele, etiese en menswaardige verpleeg- en versorgingsdienste binne die voorgeskrewe omvang van praktyk.
- Waarneming van inwoners se toestand, uitvoering van versorgings planne en tydige rapportering van enige veranderinge of risiko’s.
- Veilige hantering, toediening, kontrolering en dokumentering van medikasie binne die toepaslike omvang van praktyk.
- Leiding, ondersteuning, opleiding en toepaslike delegering van take aan versorgers en ander sorg personeel.
- Handhawing van infeksie voorkoming en -beheer, wond versorging, kliniese waarneming en gehaltestandaarde.
- Akkurate rekordhouding, statistiek en verslae, asook deelname aan digitale verslagdoening.
- Skakeling met inwoners, families, verpleegkundiges, mediese praktisyns en die multidissiplinêre span.
- Ondersteuning van diensroosters en daaglikse operasionele vereistes van die sorg afdeling.
INTERNE OPLEIDING EN ONTWIKKELING
Interne opleiding vorm ‘n belangrike deel van hierdie pos. Die suksesvolle kandidaat moet bereid wees om versorgers prakties te begelei en op te lei, aan gereelde opleidingsessies deel te neem, eie professionele ontwikkeling voort te sit en ‘n kultuur van leer en verantwoordbaarheid te bevorder.
PERSOONLIKE EIENSKAPPE
Die ideale kandidaat is professioneel, betroubaar, verantwoordelik en georganiseerd; beskik oor goeie leierskap en menseverhoudings; tree met deernis en respek teenoor ouer persone op; en benader verandering, tegnologiese ontwikkeling en nuwe werksmetode positief.
VERGOEDING EN DIENSVOORDELE
Vergoeding sal volgens die toepaslike Badisa-salarisskaal en die kandidaat se kwalifikasies en ervaring bepaal word. Diensvoordele sluit ‘n pensioenfonds, mediese fonds en verlofvoordele in, onderworpe aan die toepaslike diensvoorwaardes.
AANSOEKPROSEDURE
Aansoeke moet ‘n volledige en opgedateerde CV, minstens drie kontakbare verwysings en gesertifiseerde afskrifte van die aansoeker se identiteitsdokument, kwalifikasies, geldige SARV/SANC-registrasie en bestuurslisensie (indien van toepassing) insluit. ‘n Geldige polisieklaring sertifikaat, of bewys dat daarvoor aansoek gedoen is, word ook vereis.
Stuur aansoeke aan: Die Programbestuurder, Herfsvreugde Tehuis
E-pos: manager@herfsvreugde.co.za Navrae: 023 616 2170
SLUITINGSDATUM: 26 OKTOBER 2026
DIENSAANVAARDING: So spoedig moontlik of soos onderling ooreengekom.
* Herfsvreugde Tehuis behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie. Slegs kandidate wat vir ‘n onderhoud genooi word, sal gekontak word. Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum terugvoering ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.