(Sluitingsdatum: 02 Oktober 2026)
Die Alta du Toit Nasorgsentrum is ’n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die Nederduits Gereformeerde Kerk (Wes-Kaapland) en die Verenigde Gereformeerde Kerk (Kaap), en beskik oor ‘n vakature vir ‘n Departementshoof: Finansies.
Doel van die Pos:
Die doel van hierdie pos is om korrekte en tydige maandelikse en jaarlikse finansiële verslae saam te stel en aan die Bestuur voor te lê. om goeie besluitneming vir volhoubaarheid moontlik te maak, insluitend finansiële administrasie, en die handhawing van rekeningkundige reëls en regulasies.
Verantwoordelikhede sluit in:
- Bestuur van die sentrum se kontantvloei, insluitend jaarlikse en maandelikse begrotings
- Doeltreffende rekordhouding van alle kontantvloei, insluitend kleinkas
- Versoening van alle debiteure en krediteure, insluitend joernaalinskrywings op Sage Online en die laai van betalings vir goedkeuring
- Opstel, versoening en betaling van BTW en PAYE, soos nodig
- Hersien en versprei maandelikse fooistate wat met kliënterekenings verband hou
- Verseker administrasie van nie-finansiële inigting vir inwoners en dagsorgkliënte, insluitend vaslegging van SASSA-toelaes op Sage Online
- Voortgesette verslagdoening aan die Sentrumbestuurder en Finansiële Komitee oor inkomstestaat en maandelikse uitgaweverslae vir toepaslike departemente
- Analitiese uiteensetting van finansiële state en begrotings vir die Finansiële Komitee
- Verseker dat boekhou-prosesse soos rekonsiliasies en oorplasings vir alle grootboekrekeninge, insluitend balansstaat- en beheerrekeninge, voltooi word
- Voorbereiding van die proefbalans en stawende dokumentasie vir die jaarlikse eksterne oudit.
Vereistes:
Die suksesvolle kandidaat beskik oor ‘n Matriek/Graad 12 met ‘n tersiêre finansiële kwalifikasie, ‘n geldige rybewys en minstens vyf (5) jaar ondervinding as ‘n boekhouer of in ‘n soortgelyke pos. Verdere vereistes sluit in rekenaarvaardighede, sterk kommunikasie-, organisatoriese, interpersoonlike en kliëntediensvaardighede.
Vergoeding:
Vergoeding behels ’n onderhandelbare salaris, ‘n mediese en pensioenfonds, asook ruim verlofvoordele.
Sluitingsdatum: 2 Oktober 2026
Stuur jou volledige CV aan: Menslike Hulpbronne: mhb@badisa.org.za