(Sluitingsdatum: 23 September 2026)
Badisa Riviersonderend is ‘n program van Badisa en het ‘n pos vir ‘n Verpleegkoordineerder beskikbaar. Badisa ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die N.G. Kerk (Wes- en Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland).
POSOMSKRYWING
Beplanning, koördinering en bestuur van Tuisversorgingsdienste in Riviersonderend en omgewing.
VEREISTES
- Graad 12
- Gesertifiseerde ID
- Graad/Diploma in Algemene Verpleegkunde
- Registrasie by SANC
- Gesertifiseerde bestuurslisensie
- Bereidwilligheid om eie vervoer te gebruik
SLEUTELPRESTASIEGEBIEDE
- Projekbeplanning
- Kliniese sorg
- Basiese sorg en rehabilitasie
- Gesondheidsbevordering en welstand 10%
- Ondersteuning vir behandelingstrou
- Menslike ontwikkeling
- Gehalteversekering
- Rekordhouding en data
ALGEMEEN
- Werksure: Maandag tot Vrydag, 07h30 – 16h00
- Ruim verlofvoordele
- Standplaas: Riviersonderend
Diensaanvaarding: 1 Oktober 2026
Sluitings datum: 23 September 2026
DOKUMENTASIE BENODIG VIR AANSOEK
- Dekbrief
- CV
- Gesertifiseerde afskrif van ID
- Gersertifiseerde afskrifte van akademiese en verpleegkundige kwalifikasies
- Korrekte telefoonnommers van twee referente
NAVRAE EN STUUR VAN AANSOEKE
Mnr Consious Palmer by Badisa HBC, Price Straat 24, Riviersonderend,7250 of epos na homecarerse@gmail.com