Vredendal Tehuis vir Bejaardes, ’n program van Badisa, nooi aansoeke van ’n entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde Hoofverpleegkundige om by ons span aan te sluit.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die handhawing van hoë gehalte verpleeg- en versorgingsdienste aan ouer persone asook die effektiewe leiding en bestuur van verpleeg- en versorgingspersoneel.
VERANTWOORDELIKHEDE
- Toesig oor die handhawing van toepaslike norme, standaarde en beste praktyke vir die versorging van ouer persone.
- Koördinering en toesig oor die daaglikse verpleegkundige versorging van inwoners.
- Identifisering van inwoners se verpleeg- en versorgingsbehoeftes.
- Opstel, implementering, evaluering en gereelde hersiening van individuele sorgplanne.
- Toesig oor en opleiding van versorgers en ander verpleegpersoneel.
- Toediening, beheer, berging en rekordhouding van geskeduleerde en ander medikasie volgens toepaslike wetgewing en prosedures.
- Toesig oor infeksiebeheer, wondversorging, observasie en algemene gesondheidsorg.
- Monitering van inwoners se fisiese, psigiese en emosionele welstand.
- Medikasie beheer
- Hantering en rapportering van mediese noodgevalle en verwysings.
- Personeelbestuur, insluitend diensroosters, leiding, ondersteuning en prestasiebestuur.
- Implementering en monitering van beleide, prosedures, protokolle en kwaliteitsbestuurstelsels.
- Handhawing van toepaslike statutêre, professionele en etiese vereistes.
- Akkurate administrasie, rekordhouding, statistiek en verslagdoening.
- Effektiewe kommunikasie en skakeling met inwoners, families, personeel, professionele persone en ander rolspelers.
- Deelname aan bestuur en die ontwikkeling en implementering van prosedures, handleidings en inligtingsdokumente.
- Verantwoordelike gebruik en bestuur van toerusting en ander bates.
- Bereidheid om waar nodig na ure, naweke en openbare vakansiedae beskikbaar te wees.
MINIMUM VEREISTES
- Diploma of Graad in Verpleging.
- Registrasie as Professionele Verpleegkundige by die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SANC).
- Minstens 2 jaar toepaslike professionele verpleegkundige ondervinding, verkieslik in die versorging van ouer persone.
- Geldige persoonlike professionele indemniteitsversekering.
- Goeie kennis van die fisiese en mediese versorging van ouer persone en persone met gestremdhede.
- Kennis van die **Wet op Verpleging, Wet op Ouer Persone en toepaslike gesondheids- en veiligheidsvereistes.
- Kennis en ervaring met die hantering, toediening en beheer van geskeduleerde medikasie.
- Kennis van medikasiebeheer, insluitend CDU- en blisterverpakking, sal voordelig wees.
- Goeie kennis van infeksiebeheer en kwaliteitsbestuur.
- Sterk leierskap-, organisasie- en menseverhoudingsvaardighede.
- Vermoë om onafhanklik én binne ’n span te funksioneer.
- Goeie skriftelike en mondelinge kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.
- Goeie rekenaarvaardighede, veral Microsoft Word, Excel en Outlook.
- Goeie administratiewe en verslagdoeningsvaardighede.
- Bestuurslisensie sal voordelig wees.
- Bereidheid om volgens ’n diensrooster te werk, insluitend dag- en nagskofte, naweke en openbare vakansiedae.
PERSOONLIKE EIENSKAPPE
Ons is op soek na ’n persoon wat:
- Verantwoordelik, betroubaar en professioneel is.
- Sterk leierskap en besluitnemingsvermoë toon.
- Empatie en respek teenoor ouer persone het.
- Goeie menseverhoudings kan handhaaf.
- Onder druk kalm en doeltreffend kan funksioneer.
- Goeie organisatoriese vermoëns het.
- Gemotiveerd is tot voortdurende selfontwikkeling.
- ’n Positiewe houding en hoë werksetiek het.
DIENSVOORDELE
- Salaris volgens Badisa-salarisskale en -riglyne.
- Werkgewerbydrae tot pensioenfonds.
- Mediesefonds volgens Badisa se diensvoorwaardes.
- Ruim verlofvoordele.
AANSOEKE
Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV met gesertifiseerde afskrifte van:
- Identiteitsdokument
- Verpleegkundige kwalifikasie(s)
- Bewys van huidige SANC-registrasie
- Bewys van persoonlike indemniteitsversekering
- Bestuurslisensie, indien van toepassing
- Polisie-/polisie-klaring, indien vereis
Sluitingsdatum: 18 September 2026
Slegs kandidate wat aan die minimum vereistes voldoen, sal vir verdere oorweging en ’n onderhoud genooi word.
Vredendal Tehuis vir Bejaardes behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie. Indien u nie binne 10 dae na sluiting van ons hoor neem asb aan dat u aansoek nie suksesvol was nie.