(Sluitingsdatum: 30 Julie 2026)
Vygieshof Tehuis is ‘n program van Badisa en het een pos beskikbaar vir ‘n Ingeskrewe Verpleegassistent [Auxillary Nurse]. Badisa is ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Badisa beskik tans oor bogenoemde poste in die Skiereiland area.
Verantwoordelikhede sluit in:
- Geregistreerd wees by SANC
- Bewys van opleiding
- Bereid om skofte te werk
- Effektiewe kommunikasie vaardigheid in Afrikaans & Engels
- Goeie kennis van bejaardesorg se fisiese, psigiese en liggaamlike gesondheidstoestand en die benadering daarvan.
- Goeie menseverhoudings kan handhaaf
Vereistes:
Die suksesvolle kandidaat moet beskik oor toepaslike kennis en ervaring van bejaardesorg se fisiese, psigiese en liggaamlike gesondheids toestand en die benadering daarvan. Verdere vereistes sluit in fasiliteringsvaardighede, die vermoë om op alle vlakke te kommunikeer, konflikhantering, strategiese denke, die vermoë om onafhanklik te werk. Die kandidaat moet ook goed in ‘n span kan funksioneer en ander kan lei en motiveer
Diensvoordele:
Salaris volgens Vygieshof salarisskale, aangevul deur ‘n pensioen- en mediesefonds asook ruim verlof
Adres: Andries Pretoriusstraat 16 Calitzdorp 6660
Diensaanvaarding: 1 September 2026 of so spoedig moontlik daarna
Sluitingsdatum: 30 Julie 2026
Aansoeke moet die volgende dokumentasie insluit:
Volledige CV, afskrif van Identiteitsdokument, afskrif van kwalifikasies en registrasie, kontakbare verwysings en u toestemmingsbrief om die verwysings te mag kontak
NB: Gesertifiseerde afskrifte mag nie ouer as 3 maande wees nie.
Stuur ’n volledige CV met aan: Die Bestuurder, Vygieshof Tehuis
Epos adres: vygieshofczd@gmail.com
Navrae: 044 – 2133490
Die bestuur behou die reg voor om geen aanstelling te maak indien geen geskikte kandidaat gevind word nie.
