Badisa Prins Albert is ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes- en Suid-Kaap) en die VGKSA (Kaapland).
POSVEREISTES
- Opleiding as maatskaplike hulpwerker
- Registrasie by die Raad vir Maatskaplike Diensberoepe is verpligtend
(Registrasiesertifikaat en bewys van betaling vir 2026/2027 moet voorsien word)
- Geldige bestuurderslisensie (Kode B) is verpligtend
- Kennis/ Ondervinding van Kinder- en Gesinsorgwerk
- Goeie administratiewe en rekenaarvaardigheid
- Goeie vaardighede in die implementering van groepe en gemeenskapsprogramme
- Goeie kommunikasievaardighede om met ander rolspelers te skakel en te netwerk
- Vermoë om in ʼn span saam te werk
- Afrikaanssprekendes sal voorkeur geniet
DIENSAANVAARDING: 1 Augustus 2026 of so gou moontlik
Stuur asb volledige CV, met 3 opvolgbare referente, bewys van lisensie asook bewys van Raadregistrasie aan: me A van Rooyen: bmd008@badisa.org.za
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 17 Julie 2026
Indien u nie binne 2 weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, is u aansoek nie suksesvol nie.
