Huis Lettie Theron in Hermanus, ‘n program van Badisa, het ‘n vakature vir ‘n Stafverpleegster. Badisa is ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland).
‘n Stafverpleegkundige wat entoesiasties, toegewyd, verantwoordelik en gemotiveerd is, word uitgenooi om vir hierdie pos aansoek te doen.
Vereistes en ondervinding:
- Sterk leier-eienskappe met goeie menseverhoudings
- Goeie vermoë om die verskillende verpligtinge en take te beplan en te organiseer
- Ingesteldheid om deurlopende ondersteuning en leiding aan versorgingspersoneel te bied, wat doelgerigte en doeltreffende delegasie insluit
- Goeie kennis van en ondervinding in die mediese, fisiese, emosionele en kognitiewe versorging van bejaarde persone
- Goeie kennis van en insig in die wetlike vereistes aangaande die versorging van bejaardes
- Goeie ondervinding en kennis van die hantering en kontrole van medikasie
- Vermoë om binne spanverband te funksioneer
- Bereid wees om skofte te werk volgens diensrooster (nag/dag/naweke/publieke vakansiedae)
Vergoeding: Salaris volgens Badisa riglyne, verlof voordele, Mediese- en Aftreeskema, asook uniformtoelaag
Sluitingsdatum vir aansoeke: Maandag, 6 Julie 2026
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Aansoeke moet die volgende dokumentasie insluit:
- Volledige CV
- Drie kontakbare verwysings
- Gesertifiseerde afskrifte van:
- Relevante kwalifikasies
- Identiteitsdokument
- Bewys van:
- Regsitrasie by SA Raad op Verpleging (SARV)
- Professionele indemniteit
- Polisieklaring
Stuur asb ‘n volledige aansoek aan:
Mev Zerwick / epos: nursing2@huislettietheron.co.za
Navrae: 028 312 3721
