GEREGISTREERDE MAATSKAPLIKE WERKER, Badisa Citrusdal (Sluitingsdatum: 10 Julie 2026)
Badisa Citrusdal is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland).
Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word ingewag vir die volgende betrekking:
POSVEREISTES
Kandidate wat Badisa se waardes onderskryf en oor die volgende vereistes beskik, kan aansoek doen:
✅ Graad of Diploma in Maatskaplike Werk
✅ Registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe (SACSSP) as maatskaplike werker
✅ Heg asseblief bewys van SACSSP-registrasie en betalingsbewys vir 2025/2026 aan
✅ Geldige bestuurderslisensie
✅ Ondervinding van Kinder- en Gesinsorgwerk
✅ Kennis van statutêre prosedures ingevolge die Kinderwet en verslagskrywing
✅ Vermoë om gevalle-, groep- en gemeenskapswerk op ‘n gebalanseerde en geïntegreerde wyse te verrig
✅ Vermoë om binne spanverband sowel as onafhanklik te funksioneer
✅ Goeie rekenaarvaardighede
VOORDELE
✔ Ruim verlofvoordele
✔ Mediesefonds
✔ Pensioenskema
DIENSAANVAARDING: Januarie 2026
AANSOEKE
Voorsien ‘n volledige CV, ten minste 2 referente wat gekontak mag word, asook alle stawende dokumentasie.
E-pos aansoeke aan:
admin@badisacit.co.za
Sluitingsdatum: 10 Julie 2026
Aanvangsdatum: Augustus 2026
