Huis Ravenzicht
(Sluitingsdatum: 30 Junie 2026)
Huis Ravenzicht is ‘n program van Badisa en het ‘n pos vir ‘n Geregistreerde Ingeskrewe Verpleegkundige beskikbaar. Badisa ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die N.G. Kerk (Wes- en Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland). Badisa beskik tans oor bogenoemde pos in die Skiereiland area.
Geskikte kandidate moet oor die volgende beskik:
- Entoesiasme, gemotiveerd, verantwoordelikheid en eienaarskap
- Toepaslike kwalifikasies en ten minste 3 jaar ondervinding in die versorging van Bejaardes
- Goeie kommunikasie- en observasie vaardighede
- Rekenaarvaardigheid
- Moet in spanverband kan werk
- Bereid wees om nagskofte te werk
- Registrasie by SARV/SANC
- Goeie menseverhoudinge
- Goeie kennis van bejaardesorg se fisiese, psigiese en liggaamlike gesondheidstoestand en die benadering daartoe.
- Indemniteits versekering
Verantwoordelikhede:
- Administrasie en handhawing van wetgewing, protokolle en prosedures
- Geskeduleerde medikasie kontrole
- Kwaliteit dienslewering aan Bejaardes
- Deurlopende opleiding
- Personeelbestuur
- Daaglikse operasionele vereistes bestuur
- Skakeling met die multidissiplinêre span, sowel as familielede van inwoners
- Byhou van statistieke, skryf van verslae, byhou van raadsvergaderings soos versoek
Diensvoordele:
- Volgens Badisa salarisskale.
- Pensioenfonds
- Mediese fonds
- Ruim verlof
Aansoek sluit: 30 Junie 2026
Aansoek moet skriftelik met volledige CV en bewys van kwalifikasies en registrasie van SARV/SANC gerig word aan:
Die Bestuurder: Huis Ravenzicht
Negende Laan 161, Kraaifontein
E-pos: manager@huisravenzicht.co.za
Tel.: (021) 988 7454
Oorspronklike dokumentasie moet op aanvraag beskikbaar wees.
Indien u, 2 weke na sluiting van die aansoek, geen terugvoering gekry het nie, was u aansoek ongelukkig onsuksesvol.
