Verskeie van Badisa se kinderhuise en dagsorgsentrums was begunstigdes van Radio Tygerberg 104FM, Suid-Afrika se grootste Christelike radiostasie, se GeeWeek. Tydens hierdie week is R200 per kind ingesamel om te help met basiese, daaglikse benodighede.

Programbestuurders het die geleentheid gehad om regstreekse radio-onderhoude te voer en waardevolle insig te gee in die dag-tot-dag werking van hul sentrums. Hierdie blootstelling het daartoe gelei dat verskeie projekte direk gekontak is en pragtige skenkings van luisteraars ontvang het wat diep geraak is deur hul stories.

Uit en Tuis Crèche was een van die begunstigdes, klik hier om die video te kyk.

Wat ’n voorreg om deel te kon wees van so ’n betekenisvolle uitreikprojek.

Klik hier om na die onderhoude te luister.