
Maak seker jy is deel van die Badisa “Colour Your World” Gholfdag op 26 Maart vanaf 11:30 by die “Jewel of the North” – Durbanville Gholfklub.
Kom skuur skouers met Radio Tygerberg-omroepers, VIA TV-bekendes en personeel van regoor die Badisa-familie vir ’n dag vol pret en betekenis.
Hierdie gholfdag by Durbanville Gholfklub belowe om iets besonders te wees:
• R100 000 Hole-in-One prys geborg deur Integrisure en Old Mutual Insure
(50% vir Badisa en 50% vir die wenner)
• R50 000 VIA TV-lugtyd prys
• ’n Kleurvolle 6-gang happiemaal* langs die baan by ons natgate
• Opwindende pryse en veilingitems
• Geleenthede vir besighede om betrokke te raak
Die dag beloof om kleurvol, pret en vol verrassings te wees. Elke rand wat ingesamel word, gaan na Badisa se 134 programme wat jaarliks meer as een miljoen mense bereik. “That is impact well above par.”
Beperkte vierballe is nog beskikbaar – moenie uitmis nie! Epos Willow by info@badisa.org.za

