Op Saterdag, 5 November 2016 word jy genooi na ’n familiefees!
Die Badisa-familie het, met die hulp van hul verskeie programme, kragte saamgesnoer ten einde ’n familie- en kosfees te Eaglevlei Landgoed, Stellenbosch aan te bied.
Die dag skop af met heerlike koffie en ’n familiepretloop van 5km deur die landgoed se wingerde, en ’n heerlike pannekoek wat by die eindstreep wag.
Badisa se eie programme sal kos, handwerk en lekkernye verkoop. Ons sal ook sorg vir vermaak vir die kleingoed asook musiek vir die hele gesin. Alles is ten bate van Badisa se maatskaplike dienslewering in verskeie gemeenskappe van die Wes-, Noord- en Oos-Kaap.