Beaufort Wes en Prins Albert (Sluitingsdatum: 08 Mei 2026)

Badisa wag aansoeke van gemotiveerde persone met bewese bestuurs/supervisie-agtergrond en ‘n positiewe lewensingesteldheid.

Verantwoordelikhede sluit in:

Vereistes: Die suksesvolle kandidaat moet beskik oor minstens vyf (5) jaar praktiese ervaring ten opsigte van kinderbeskerming, supervisie en bestuur. Verdere vereistes sluit in uitstekende fasiliteringsvaardighede, die vermoë om op alle vlakke te kommunikeer, konflikbestuur, strategiese denke, die vermoë om onafhanklik te werk, en rekenaarvaardighede. Registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe is verpligtend.

Ingevolge die organisasie se transformasiebeleid sal kandidate uit die aangewese groepe by aanstelling voorkeur geniet.

Ons bied ’n onderhandelbare salaris, aangevul deur ’n mediese en aftreefonds, asook ruim verlofvoordele.

Standplaas:                       Onderhandelbaar, in werksarea

Sluitingsdatum:                8 Mei 2026

Diensaanvaarding:          So gou moontlik