Strand Sorg is ‘n program van Badisa en het een pos beskikbaar vir ‘n Ingeskrewe Verpleeg Assistent [Auxillary Nurse]. Badisa is ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Badisa beskik tans oor bogenoemde poste in die Skiereiland area.
Verantwoordelikhede sluit in:
- Geregistreerd wees by SANC
- Bewys van opleiding
- Bereid om skofte te werk
- Effektiewe kommunikasie vaardigheid in Afrikaans & Engels
- Goeie kennis van bejaardesorg se fisiese, psigiese en liggaamlike gesondheidstoestand en die benadering daarvan.
- Goeie menseverhoudings kan handhaaf
Vereistes:
Die suksesvolle kandidaat moet beskik oor toepaslike kennis en ervaring van bejaardesorg se fisiese, psigiese en liggaamlike gesondheids toestand en die benadering daarvan. Verdere vereistes sluit in uitstekende fasiliteringsvaardighede, die vermoë om op alle vlakke te kommunikeer, konflikhantering, strategiese denke, die vermoë om onafhanklik te werk.
Bewys van Matriek Sertifikaat.
NB: Gesertifiseerde sertifikate mag nie ouer as 3 maande wees nie.
Diensvoordele:
- Volgens Badisa salarisskale
- Pensioenfonds
- Mediesefonds
- Ruim verlof
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Sluitings datum: 15 April 2026
Stuur ’n volledige CV aan:
Epos adres: nursing@strandsorg.co.za
Navrae: 021 854 7393
