Little Seeds Eenheid vir Vroeëkindontwikkeling, ’n gesamentlike inisiatief van Badisa en Diaconia, gebasseer in Stellenberg, Wes-Kaap, nooi aansoeke in vir ’n dinamiese en ervare VKO Koördineerder.

Die suksesvolle kandidaat sal strategiese leiding, program- en nakomingstoesig aan Badisa Dagsorge; Nasorgsentrums en die Dagmoeder-program bied.

Verantwoordelikhede

Monitering en evaluering van programuitkomste en wetgewende nakoming; Opstel en indiening van kwartaallikse verslae; Oorsig van finansiële bestuur en Menslike hulpbronprosesse; Fasilitering van sentrumsregistrasies en skakeling met munisipaliteite en WKOD; Opleiding en mentorskap vir Programbestuurders en Beheerrade; Ontwikkeling en aanbieding van opleidingswerkswinkels, insluitend indiensopleiding en assesserings; Bou en instandhouding van netwerke en verhoudings met belangegroepe en vennote.

Vereistes / Bevoegdhede

Baccalaureusgraad in Maatskaplike Werk; Geregistreer by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe (SACSSP); Geldige bestuurderslisensie; Sterk administratiewe, verslagdoenings- en rekenaarvaardighede (MS Office); Grondige kennis van VKO-wetgewing; Bewese ervaring in programbestuur, monitering en opleiding; Vermoë om onafhanklik sowel as binne ’n multidissiplinêre span te funksioneer

Salaris is ooreenstemmig met Badisa / Little Seeds se salarisskale, met jare ervaring in aggenome.

Dien ’n volledige CV en bewys van SACSSP-registrasie in teen Maandag, 16 Maart 2026 by erika@littleseeds.org.za.

Diensaanvaarding vanaf of na 31 Maart 2026 of so gou moontlik daarna.