Huis Martina, Parowvallei
Huis Martina is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag.
Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Bestuur verslag doen en verantwoordelik wees vir die volgende:
- Gerekenariseerde boekhouding tot proefbalans
- Maandelikse opstel van finansiële state
- Opstel van begrotings
- Finansiële administrasie (losies, subsidies en rekeninge)
- Salaris administrasie en statutêre opgawes
- Betaalpunt vir inwoner pensioene
- Administratiewe- en sekretariële pligte
- Berekening, indiening en administrasie van BTW-opgawes.
Kandidate moet oor goeie menseverhoudinge en goed ontwikkelde syferkundige en rekenaarvaardighede beskik. Die pos vereis ook akkuraatheid en die vermoë om teen hoë tempo te funksioneer, asook kennis van Pastel en VIP.
Ons bied ‘n onderhandelbare salaris, aangevul deur ‘n mediese en aftreeskema, asook ruim verlofvoordele.
Rig ‘n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor 9 Maart 2026 aan: Die Direkteur: Menslike Hulpbronne, e-pos: mhb@badisa.org.za
