Bellville Senior Sentrum/Chrismar Villas, Bellville

Bellville Senior Sentrum/Chrismar Villas is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag.

Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Bestuur verslag doen en verantwoordelik wees vir die volgende:

Kandidate moet oor goeie menseverhoudinge, goed ontwikkelde syferkundige en rekenaarvaardighede beskik en goeie taalvaardigheid in sowel Afrikaans as Engels. Akkuraatheid en vermoë om teen hoë tempo te funksioneer, tesame met kennis van Pastel en VIP, word vereis.

Ons bied ‘n onderhandelbare salaris, aangevul deur ‘n mediese en aftree skema, asook ruim verlof.

Rig ‘n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor 04 Maart 2026 aan:
Die Direkteur: Menslike Hulpbronne, epos:  mhb@badisa.org.za