Huis Lettie Theron, Hermanus
Huis Lettie Theron, ‘n program van Badisa, het ‘n vakature vir ‘n Ingeskrewe Verpleeg-Assistant (IVA). Badisa is ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland).
Vereistes en ondervinding:
- Bewys van nuutste registrasie by die SA Raad op Verpleging (SARV/SANC), of bewys van e-registrasie en persoonlike indemniteitsversekering
- Toepaslike opleiding
- Goeie kommunikasie vaardighede in Afrikaans & Engels
- Goeie kennis van ouer persone se fisiese en psigiese gesondheid, sowel as die toepassing en bestuur van kwaliteit mediese dienste en versorging aan ouer persone
- Goeie menseverhoudings kan handhaaf en in spanverband kan saamwerk
- Goeie kommunikasievermoë, sterk leierskap en bestuur van verpleegpersoneel
- Bereidwilligheid om skofte te werk, soos per diensrooster (sluit in dag, nag, naweke en publieke vakansiedae)
- Geldige Polisieklaringsertifikaat
Verantwoordelikhede sluit in:
- Toesig hou, koördineer, delegeer en opvolg van kliniese en versorgtake en verantwoordelikhede
- Ondersteuning en leiding verleen aan verpleegpersoneel, asook familielede van inwoners
- Bevoegdheid in administratiewe funksies
- Moet onder druk kan werk
Vergoeding:
Ons bied ’n markverwante salaris (volgens Badisa riglyne), aan, wat Pensioen en verlof voordele insluit, asook uniform toelaag
Stuur asb ‘n volledige CV, bewys van kwalifikasies, ID-afskrif, bewys van registrasie by SA Raad op Verpleging en inligting van kontakbare verwysings aan: Die Verpleegdiensbestuurder: nursing@huislettietheron.co.za, teen 23 Februarie 2026.
Let asb op die volgende: Onderhoude geskied op ons perseel, te De Goedestraat, Hermanus
Indien die aansoeker nie binne 14 dae na die sluitingsdatum terugvoering van ons ontvang het nie, was die aansoek onsuksesvol.
Indien geen geskikte kandidaat gevind word nie, behou bestuur die reg voor om die pos nie te vul nie.
