Huis Groeneweide, Darling (Sluitingsdatum: 10 Maart 2026)
Huis Groeneweide is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag.
Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Bestuurder rapporteer en vir die volgende verantwoordelik wees:
Posvereistes:
- Minimum vereiste Graad 12
- Deeglike kennis van instandhoudingswerk
- Goeie koördinering van alle instandhoudingsaktiwiteite en effektiewe tydsbestuur
- Goeie organiseringsvermoë
- Moet goed onder druk funksioneer
- Kennis van veiligheidsbestuur
- Netheid van die terrein
- Vervoer van bejaardes
- Vervoer van personeel
- Hantering van instandhoudingsnoodgevalle na-ure
- Administratiewe take verbonde aan die pos.
- Voorraad opnames, monitor bestellings/aankope
Geldige rybewys en PDP.
Vergoeding:
‘n Onderhandelbare salaris, aangevul deur ‘n mediese- en aftreeskema en ruim verlof.
Diensaanvaarding : 1 April 2026
Rig volledige CV, voor 10 Maart 2026 aan:
Die Bestuurder, Huis Groeneweide,
022 4922665
