Huis Uitvlucht is ʼn Tehuis vir Ouer Persone, ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk(Wes-Kaapland) en VGKSA(Kaapland). Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag.
Pligte vereistes:
Die aangewese kandidaat moet geregistreer wees by die SARV as Professionele Verpleegkundige
- Bewese ervaring in die verpleging van ouer persone
- Uitstekende verpleegsorg vaardighede
- Vermoë om binne spanverband te funksioneer en te bestuur
- Goeie menseverhoudinge handhaaf
- Goeie kommunikasievermoë
- Verantwoordelike en gemotiveerde persoon
- Vyfdag werksweek.
- Persoonlike indemniteitsversekering
Vergoeding:
Onderhandelbare salaris, mediese fonds, Pensioenfonds en ruim verlof
Sluitingsdatum: 28 Februarie 2026
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Rig aansoek met ‘n volledige CV, bewyse van kwalifikasies en besonderhede van referente aan:
Die Bestuurder
Huis Uitvlucht
023 6141480
