Aansoeke van Suid-Afrikaanse burgers word vir die onderstaande pos by Albertinia Versorgingsdienste ingewag:
Werksure
- ▪ Maandag tot Vrydag, 08:00 – 17:00
Hoof verantwoordelikhede:
▪ Ontvangstoonbank en skakelbord.
▪ Administrasie van die inwoner aansoekproses.
▪ Finansiële en bate administrasie.
▪ Administratiewe ondersteuning van fondsinsamelingsfunksies en -projekte.
▪ Ondersteuning aan die boekhouer.
Vereistes:
Inherente vereistes van die pos:
▪ Die vermoë om in Afrikaans en Engels te kan kommunikeer.
▪ Goeie syfervaardigheid.
Minimum opvoedkundige kwalifikasie:
▪ Matrieksertifikaat.
Ondervinding:
▪ Minstens 2 jaar toepaslike ondervinding in finansiële administrasie.
Kennis/Vaardighede:
▪ Rekenaarvaardigheid: MS Office (Word, Exel, Outlook en PowerPoint)
▪ Vermoë om onafhanklik en binne spanverband te kan funksioneer.
▪ Kennis van POS (verkopestelsel) sal voordelig wees.
Vergoeding: Onderhandelbare salaris binne Badisa-riglyne.
Diensvoordele:
▪ Werkgewersbydrae tot die pensioenfonds ▪ Ruim verlofvoordele.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Aansoeke:
▪ Vereiste dokumentasie: CV en gesertifiseerde afskrifte van ID en kwalifikasies.
▪ Sluitingsdatum: 28 November 2025.
▪ Rig aansoek aan: Annelise Minnie by bestuur@versorg.co.za
▪ Navrae: 028 735 1214
▪ Nota: Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum terugvoering ontvang het nie, beskou dan u aansoek as onsuksesvol.
