Huis De Kuilen geleë in Kuilsrivier en ‘n program van Badisa beskik oor ‘n vakature vir ‘n Algemene Werker. Badisa is ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland).
Die aangewese kandidaat rapporteer aan die Faktotum.
Die pligte van die Algemene Werker:
- Tuinwerk
- Netheid om die tehuis
- Instandhouding binne en buite die tehuis
- Administratiewe take
‘n Geldige bestuurslisensie sal voordelig wees. Geen kriminele rekord.
Huis De Kuilen bied die volgende diensvoordele aan die suksesvolle kandidaat:
- Voordele volgens Badisa se riglyne
- Pensioenfonds
Adres: Skoolstraat 5, Kuilsrivier
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Sluitings datum: 1 Desember 2025
E-pos volledige CV na: bestuurder@huisdekuilen.co.za
Die CV kan ook per hand gelewer word by:
Skoolstraat 5, Kuilsrivier
Navrae: 021 903 7055 (Rian de Jager)
Die bestuur behou die reg voor om geen aanstelling te maak indien geen geskikte kandidaat gevind word nie.
