Albertinia Versorgingsdienste Dienssentrum (Sluitingsdatum: 13 Junie 2025)
Albertinia Versorgingsdienste, ‘n program van Badisa, het ‘n vakature vir ‘n Geregistreerde Verpleegkundige. Badisa is ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Badisa beskik tans oor bogenoemde vakature in die Eden Karoo area.
Verantwoordelikhede sluit in:
- Verskaffing van verplegingsdienste in die gemeenskap aan lede van die dienssetnrum, asook woonstelinwoners van die Tehuis. Dit sluit in die neem van bloeddrukke, suikertoetse asook mediese navrae, ens.
- Afhaal van dienssentrum lede se medikasie by die kliniek en die uitdeel daarvan by huise in die gemeenskap en woonstelle in die Tehuis.
- Skakel met die gemeenskap om lede te werf vir die Dienssentrum.
- Wondversorging, steke uithaal en bloedtrek vir Pathcare.
- Voetsorg
- Voorligtingsessies aan naaldwerkklub.
- Voorligting t.o.v. voetsorg, wondsorg, diabetiese riglyne, ens.
Vereistes:
Die suksesvolle kandidaat moet beskik oor toepaslike kennis en ervaring. Verdere vereistes sluit in die vermoë om goed te kommunikeer en die vermoë om onafhanklik te werk. Die kandidaat moet ook in ‘n span kan werk. ‘n Rybewys en vervoer is ‘n noodsaaklikheid. Die pos vereis dat die kandidaat baie in die gemeenskap sal beweeg en daarom is menseverhoudings, sensitiwiteit en betroubaarheid baie belangrik.
Vergoeding:
Soos vereis deur Badisa.
Adres: 2 Skoolstraat, Albertinia, 6695
Diensaanvaarding: 1 Julie 2025
Sluitingsdatum: 13 Junie 2025
Stuur ’n volledige CV aan: Die Bestuurder, Albertinia Versorgingsdienste
Epos adres: bestuur@versorg.co.za
Navrae: 028 735 1214