Skiereiland/Boland (Sluitingsdatum: 16 Mei 2025)

Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland], beskik tans oor die bogenoemde vakature in hierdie areas.

Verantwoordelikhede sluit in: ● Toesig en bestuur van maatskaplike dienspersoneel Programbestuur en -ontwikkeling ● Menslike hulpbronbestuur ● Betrokkenheid by finansiële bestuur, bemarking en fondswerwing ● Leiding en ondersteuning aan Beheerrade Skakeling met departementele streekkantore, forums en ander rolspelers Verteenwoordiging en onderhandeling binne gemeenskappe en gemeentes.

Vereistes: Die suksesvolle kandidaat moet beskik oor minstens tien (10) jaar praktiese ervaring ten opsigte van kinderbeskerming, toesighouding en bestuur. Verdere vereistes sluit in uitstekende fasiliteringsvaardighede, die vermoë om op alle vlakke te kommunikeer, konflikbestuur, strategiese denke, die vermoë om onafhanklik te werk, en rekenaarvaardighede. Registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe is verpligtend.

Ingevolge die organisasie se transformasiebeleid sal kandidate uit die aangewese groepe by aanstelling voorkeur geniet.

Ons bied ’n onderhandelbare salaris, aangevul deur ’n mediese en aftreefonds, asook ruim verlof.

Standplaas:                        Onderhandelbaar

Sluitingsdatum:                16 Mei 2025