Herfsvreugde Tehuis, Bonnievale (Sluitingsdatum: 06 Februarie 2025)

Herfsvreugde is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland].  Aansoeke van gemotiveerde persone met bewese bestuursagterond met ‘n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes, word vir hierdie betrekking ingewag.

Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Beheerraad rapporteer, met die opdrag om die strategiese visie te operasionaliseer deur doelgerigte bestuurstake en die optimale benutting van hulpbronne en dienste.  Voorsiening te maak vir die versorging van ouer persone, in ’n veilige en vriendelike omgewing sowel as die ontwikkeling van gemeenskapsgebaseerde dienste vir ouer persone.

Die bestuurder is verantwoordelik vir die algehele bestuur en gehalteversekering van die tehuis, wat insluit:

Die ideale kandidaat beskik oor ‘n naskoolse kwalifikasie, die vermoë om ‘n span te lei en te motiveer, asook om probleemareas vroegtydig te identifiseer en op te los.

Kennis en ervaring van personeel- en finansiële bestuur, arbeidswetgewing, fondswerwing en bemarking asook rekenaarvaardigheid is verdere vereistes.  Vorige bestuurservaring en begrip vir die unieke uitdagings en operasionele dinamika van maatskaplike sorg en ontwikkelingswerk sal as ‘n sterk aanbeveling dien. 

Vergoeding behels ‘n onderhandelbare salaris asook mediese- en pensioenfondsvoordele.

Rig ‘n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor ­­­­­­­­­­­­­­­Donderdag, 06 Februarie 2025, per epos aan:  mhb@badisa.org.za