Herberg-Aan-See Tehuis vir Bejaardes, Gansbaai is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland).
Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag.
Vereistes en ondervinding:
- Geregistreer by Die SA Raad vir Verpleegkundiges (SANC).
- Moet in die Gansbaai omgewing woonagtig wees en eie vervoer sal tot u voordeel wees.
- Verpleegsorg: Toepassing van kwaliteit mediese dienste en versorging aan ouer persone.
- Goeie kennis van ouer persone se fisiese, psigiese en medieseversorging.
- Sterk leiereienskappe en organisasie vermoë.
- Goeie kommunikasie en observasie vaardighede.
- Personeelbestuur: Bestuur van versorging en verpleegpersoneel op geroosterde skof.
- Administrasie en rekordhouding: Byhou van wetgewing, protokolle en prosedures.
- Medikasie en infeksiebeheer: Hantering van inwoners medikasie in samewerking met Ingeskrewe-Verpleegkundige (Suster).
Vergoeding:
Ons bied ’n onderhandelbare salaris, 13de tjek, mediese- en aftree skema, asook ruim verlof.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Aansoeke moet die volgende dokumentasie insluit:
- Volledige CV
- Afskrif van u ID
- Bewys van registrasie by SANC
- Bewys van kwalifikasie(s)
- Kontakbare verwysings
Stuur asb ‘n volledige CV, tesame met bogenoemde dokumentasie, aan:
Epos adres: herberg003@gmail.com
Navrae: +27 028 384 0501
Indien u nie binne 2weke van ons gehoor het nie, moet u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was.