Herberg-Aan-See Tehuis vir Bejaardes, Gansbaai (Overstrand), is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland).
Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag.
Vereistes en ondervinding:
- Registrasie by die SA Raad vir Verpleegkundiges (SANC)
- Persoonlike indemniteitsversekering
- Kennis van die fisiese- en mediese versorging van ouer persone.
- Vermoë om binne spanverband te funksioneer
- Goeie menseverhoudinge handhaaf
- Goeie kommunikasievermoë
- Skofte werk soos per diensrooster
- Persoonlike indemniteitsversekering
- Moet in die Gansbaai-omgewing woonagtig wees
Vergoeding:
Ons bied ’n onderhandelbare salaris, 13de tjek, mediese- en aftree skema, asook ruim verlof.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Aansoeke moet die volgende dokumentasie insluit:
- Volledige CV
- Afskrif van u Identiteitsdokument
- Bewys van kwalifikasie(s)
- Bewys van registrasie by SA Raad vir Verpleegkundiges (SANC)
- Bestuurderslisensie sal in u guns tel, maar is nie ‘n vereiste nie.
Stuur asb ‘n volledige CV, met volledige dokumentasie, aan:
Epos: herberg003@gmail.com
Navrae: +27 028 384 0501
Indien u nie binne 2weke van ons gehoor het nie, moet u aanneem dat u aansoek onsuksesvol was.