Huis Matzikama is ’n program van Badisa, ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag.

Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Bestuur verslag doen en verantwoordelik wees vir die volgende:

Kandidate moet oor goeie menseverhoudinge en goed ontwikkelde syferkundige en reke­naarvaardighede beskik. Die pos vereis ook akkuraatheid en die vermoë om teen hoë tempo te funksioneer, asook kennis van elektroniese salaris- en boekhouprogramme.

Ons bied ’n onderhandelbare salaris, aangevul deur ’n mediese en aftreeskema, asook ruim verlofvoordele.

Rig ’n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor/op 14 November 2024 aan:

Die Direkteur

Menslike Hulpbronne

E-pos: mhb@badisa.org.za