Weskus (Sluitingsdatum: 30 Augustus 2024)
Badisa beskik tans oor bogenoemde vakature in die Weskus-area.
Verantwoordelikhede sluit in:
- Toesig en bestuur van maatskaplike dienspersoneel
- Programbestuur en –ontwikkeling
- Menslike hulpbronbestuur
- Betrokkenheid by finansiële bestuur, bemarking en fondswerwing
- Leiding en ondersteuning aan Beheerrade
- Skakeling met departementele streekkantore, forums en ander rolspelers
- Verteenwoordiging en onderhandeling binne gemeenskappe en gemeentes.
Vereistes: Die suksesvolle kandidaat beskik oor minstens vyf jaar praktiese ervaring ten opsigte van kinderbeskerming, toesig en bestuur. Verdere vereistes sluit in uitstekende fasiliteringsvaardighede, die vermoë om op alle vlakke te kommunikeer, konflikhantering, strategiese denke, die vermoë om onafhanklik te werk, en rekenaarvaardighede. Registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe is verpligtend.
Ons bied ’n onderhandelbare salaris, aangevul deur ’n mediese en aftreeskema, asook ruim verlof.
Standplaas: Weskus
Sluitingsdatum: 30 Augustus 2024
Stuur asseblief ’n volledige CV, met bewys van registrasie, voor/op 30 Augustus 2024 aan: Die Direkteur: Menslike Hulpbronne, Privaatsak X8, Bellville 7530 of mhb@badisa.org.za