Mylpaal 6 | ‘n Eeu van Dienslewering

Terwyl ons Badisa se 21ste bestaansjaar vier, vier ons nie net ons eie reis nie. Ons gebruik ook hierdie geleentheid om na te dink oor die merkwaardige nalatenskap wat ons geërf het—’n nalatenskap van programme wat gemeenskappe al meer as ‘n eeu lank bedien. 

Hierdie week plaas Ronel van Zyl, Direkteur van Maatskaplike Dienste Programme by Badisa, die kollig op dié programme wat die toets van tyd deurstaan ​​het en oor generasies heen strek. 

Ronél vertel meer oor hoe hierdie programme ontwikkel het oor Badisa se 21 jaar en hoe hulle tot die sukses van hierdie mylpaal bygedra het. “Badisa se eie programme vertel die verhaal van die kerke se betrokkenheid by mense en gemeenskappe in nood. Hoewel die organisasie in sy huidige vorm slegs 21 jaar is, is daar ‘n ryk geskiedenis van jare se dienslewering wat deur vrywilligers en professionele personeel gelewer is.”

In Suid Afrika, kan die ontstaangeskiedenis van verskeie kinder- en jeugsorgsentrums (oftewel kinderhuise), tehuise vir ouer persone en ander dienste teruggespoor word na insitiewe wat uit die kerke, veral die NG en VG Kerk, ontstaan het. Hierdie insiatiewe was altyd in reaksie op behoeftes en kernvraagstukke van daardie tyd, byvoorbeeld besorgdheid oor sig- en gehoorgestremdes, ouer persone, kinders wat wees gelaat was na die pokke-epidemie, Groot Griep en oorloë.”

“Die droom om ‘n diens te lewer was altyd groter as die uitdagings in die hier en nou, en die verskilmakers het net oplossings gevind.”

Die langlewendheid van hierdie programme, meen Ronél, kan toegskryf word aan die volgende:

Hierdie programme was, en is steeds, bakens van hoop en het vir soveel individue en gesinne dikwels ‘n tweede kans in die lewe gegee.

Sê Ronél, “In die afgelope 143 jaar het hierdie programme werk geskep vir professionele, versorgings- en administratiewe personeel. Op hierdie wyse is daar oor baie jare tot die ekonomie van veral kleiner gemeenskappe soos Riviersonderend, Montagu en Swellendam bygedra. Die lesse wat geleer is, het beslis bygedra tot vandag se wetgewing en die ontwikkeling van norme en standaarde vir dienslewering.”

Daar was baie uitdagings wat hierdie programme gedurende hul eeu lange reis in die gesig gestaar het, en hul fondswerwingsinsiatiewe verskil nie veel van hedendaagse metodes nie. “Ek vermoed die uitdagings was maar baie soos dit tans is – fondse was altyd ‘n groot uitdaging en menige tehuis is met basaar- en pannekoekgeld gebou. Geskikte ruimte was dikwels beperk en daar was talle personeel en ander gemeenskap uitdagings.”

“In die Durbanville Kinderhuis se geskiedenis word daar byvoorbeeld geskryf: “…die pokke-epidemie in die Kaap, die behoefte aan plek vir die weeskinders en die nadelige uitwerking van die woelige buurt (Keerom en Langstraat, Kaapstad), het hulle gedwing om ‘n groter plek in ‘n rustiger omgewing te soek.’ ‘n Stuk grond in Durbanville, “naby die dorp” is toe vir 4100 pond aangekoop en die nuwe gebou is in 1919 geopen.”

“Die droom om ‘n diens te lewer was altyd groter as die uitdagings in die hier en nou, en die verskilmakers het net oplossings gevind.”

Die volgende Badisa programme is 100 jaar en baie ouer:

Vir meer inligting oor Badisa sowel as hierdie eeu-oue programme, besoek ons webwerf by www.badisa.org.za