Badisa Breedevallei is ‘n kinderbeskermingsprogram van Badisa wat dienste lewer op verskeie plase. Hulle vertel graag die storie van *Paula, en hoe sy haar lewe verander vir haar kind.             

Paula is baie lief vir haar kind, maar het haarself in ‘n situasie gevind waar sy afhanklik geword het van substansmiddels en gevoel het dat sy nie meer na haar kind kon omsien nie. Paula het haar dogtertjie by haar materne tante gaan los, met die hoop dat haar kind ‘n beter toekoms sou hê.

Badisa is in kennis gestel, en het ingetree om die gesin te ondersteun. Hulle het vir Paula ingeskakel by terapeutiese dienste wat deel is van Badisa Breedevallei se program. Hulle het ook Paula se dogtertjie ondersteun deur haar in te skakel by die nasorgprogram.

Paula het hard gewerk en is nou reeds meer as 7 maande sober. Sy het ‘n standvastige werk gekry, ‘n veilige woonplek en is besig om haar skoolloopbaan te voltooi sodat sy ‘n tersiêre kursus kan voltooi. Paula het gereeld kontak met haar dogter en ondersteun haar dogter finansieel.

Ons is so trots op Paula en dankbaar vir die sisteme in haar lewe wat haar regop hou. Paula se selfbeeld het drasties verbeter en sy werk hard om ‘n beter mamma vir haar dogtertjie te wees. Paula se liefde vir haar kind, maak dat sy ten spyte van haar omstandighede werk om ‘n beter toekoms vir haarself en haar kind te bou. Badisa Breedevallei werk saam met hierdie gesin met die hoop dat Paula en haar dogtertjie weer herenig kan word.

Jy kan Badisa se kinderbeskerming dienste ondersteun deur ‘n bydrae te maak tot die Badisa Children Foundation. Badisa Children Foundation se bank besonderhede: ABSA Spaarrekening no.: 93 3455 6277, Verwysing: Jou naam en Van.

*Skuilnaam, foto op pexels.com gevind

Leave a Reply