Tussen Worcester en Rawsonville is daar ‘n naambord waarop RAEL staan. Min mense weet wat RAEL is. Die mediese dokter op die dorp, Dr Du Toit, is betrokke by RAEL en so het Huis Lafras Moolman ook betrokke geraak.

RAEL is ‘n gemeenskapsprojek vir mans met verslawing. Deel van die rehabilitasieprogram behels om uit te reik na ander verslaafdes en mense wat swaarkry.

Dr Du Toit het wol en penne gekoop en vir Huis Lafras se personeel en inwoners gevra om helder oranje serpe te brei vir die mense wat op straat slaap. Die inwoners het self die 88 serpe gaan aflewer en heerlik op die plaas gekuier. Mnr. Anthony Hall het hulle vertel van die dwelmprobleem in die gemeenskap en die jong manne het hulle stories van verslawing met hulle gedeel.

So het ‘n vennootskap tussen REAL en die tehuis ontstaan. Wanneer ons hulp nodig het, stuur hulle ‘n span manne om te kom help. Hulle al die tehuis se omheining geverf, struike gesnoei, strepe op die trappies geverf en selfs van ons inwoners se hare gesny.

Dr du Toit het weer wol kom aflewer en oral op die terrein sit die personeel en inwoners met oranje wol en brei.

Leave a Reply