– Geskryf deur Dawn Van Wyk

Een van die ons eerste aanmeldings waarmee ek as administrtiewe beampte van die kantoor te doen gehad het, was van ‘n ma en haar 4-jarige seuntjie. Liam* was 4 jaar oud met die  met die oulikste gesiggie en persoonlikheid.  Hy sal vir ewig in my hart en gedagtes bly.

Sy biologiese ma het hom gebring, want sy wou hom nie meer hê nie. Hy was vuil, vol sere en was siek.  Ons het vir hom skoon klere gegee en vir sy ma gesê sy moet hom gaan bad. So klein soos wat hy was, het hy glimlag in die bad en baie beleefd gesê: “Thank you Aunty”.

Hy was baie vriendelik en het dadelik in almal se harte geklim.  Ek het hom besig gehou terwyl hulle met sy ma gesels het. Hy het spontaan na enige iemand gegaan wat hom wil druk, optel of vashou, wat vir my vreemd was. Die maatskaplike werkers het verduidelik dat dit ‘n tipe gedrag is wat kinders wat mishandel en verwaarloos is, aanleer.

Hy was dadelik by veiligheids ouers geplaas.  Hy kon weens omstandighede nie lank by die veiligheidsouers bly nie, en het na ‘n paar dae teruggekeer. Toe stap daar pleegouers in met hul eie dogterjie wat bereid is om vir Liam te neem.

Ek sal nooit vergeet hoe Liam daar in die gang staan waar hy aan die gesin voorgestel en hy vir die dogtertjie met ‘n breë glimlag omhels en sê: “I’m coming home with you”. Selfs die gesoute maatskaplike werkers moes die trane wegsluk. En daar gaan speel die twee soos ou maatjies.

Elke keer as hy kantoor toe gebring word om met sy ma onder toesig te kuier, was hy vriendelik en beleefd. Hy het met almal gesels en almal laat glimlag.

Hierdie ingryping deur Badisa sal altyd in my hart bly. Dit was een van die kinders wat ons kon red en hom plaas by mense wat hom geborgenheid en liefde kan gee. Dit maak al die verskil in die wêreld. Hy kry stimulering by sy nuwe huis en toe hy in die kinderhof moes verskyn, kon hy vir die Regter uit ‘n boekie lees, al is hy nog nie 5 jaar oud nie. Hy is baie intelligent en sy pleegouers kan vir hom die  liefde en ondersteuning gee wat sy ontwikkeling bevorder.

Ek het hulle maande later by ‘n winkelsentrum raakgeloop. Liam was op sy “Pa” se skouers en Ava en sy “Ma” het hande vasgehou.  Hierdie familie het liefde en vriendelikheid uitgestraal. Liam het met sy hande beduie en gelag en gesels.  Ek het met trane in my oë die wonderwerk aanskou en trots gevoel dat Badisa deel was van hierdie suksesverhaal.

Dawn Van Wyk

Admin by Badisa Trio Bellville

Motto : Never say never, all things are possible

*Name verander om identiteit van kind te beskerm. Foto gevind op pexels.com

Leave a Reply