Geskryf deur Annemarie Bezuidenhout a

Die Loeriehof Tehuis vir ouer persone in Knysna het ‘n vennootskap gesluit met twee kleuterskole in die gemeenskap om voedsel te voorsien aan die kinders.

Die kinders kry elke dag ‘n gebalanseerde maaltyd uit die tehuis se kombuis. Hierdie vennootskap is ‘n wen-wen situasie vir die tehuis en die kleuterskole, want dit is besparing vir die kleuterskole en ‘n inkomste vir die tehuis.  

Leave a Reply