– Geskryf deur Dr. Siegfried Louw

Die vlugvoos babatjie word in sy ma se arms van die vliegtuig afgedra. Toe ek uiteindelik my tas by die “baggage reclaim” kry en by die deure uitstap, sien ek die einste meneertjie. Maar nou dolgelukkig op die koel vloer van die besige lughawe-gebou. En rondom hom staan ʼn hele familie en gloei van plesier oor sy aankoms. Drie klein peutertjies (ek vermoed twee niggies en ʼn nefie) staan rondom hom. Oral sien jy net handjies. Enetjie vryf versigtig sy koppie. ʼn Ander kleintjie vryf verwonderd sy rug. Iemand anders maak sy skoene reg vas. Meneertjie sit selftevrede en geniet die sensoriese aanraking ná al die vliegtuiglawaai. Dit is vir seker ʼn eerste ontmoeting van ʼn nuwe familielid.

Al die hande rondom die outjie kry my toe aan die dink oor die bewaring van gesinne. Sy familie het my klaar gewys: gesinsbewaring kan nooit net een persoon se taak wees nie. Maar kom ons praat oor hande. Ek dink daar is telkens vyf keuses wat ons moet maak oor wat ons met ons hande doen. Wat kies jy?

Hande kan die volgende dinge doen:

Dr. Siegfried Louw
Predikant, skrywer en spelterapeut.
Motto: “You only understand the rules when you can play with it.”

Leave a Reply