Stel u belang in die aannemingsveld?

Ons soek n energieke, entoesiastiese en gemotiveerde maatskaplike werker om by ons dinamiese en professionele werkspan aan te sluit. Die suksesvolle kandidaat moet oor die volgende beskik:

  • Graad in Maatskaplike Werk
  • Registrasie by die Raad op Maatskaplike Diensberoepe
  • Bestuurderslisensie
  • Afrikaans en Engels magtig
  • Minimum van 5 jaar ondervinding in Kinderbeskermingsdienste – vereiste vir akkreditasie vir aannemingsdienste

Die volgende sal n aanbeveling wees:

  • Sterk interpersoonlike kommunikasie en organisatoriese vaardighede
  • Verslagskrywing in beide tale
  • Gevorderde rekenaarvaardigheid

Die aansoek van die pos sluit: 18 Januarie 2019

Diensaanvaarding: 1 Maart 2019

Salaris: onderhandelbaar, aangevul deur n mediese en aftree skema, asook verlof voordele

Stuur n volledige CV met bewyse van kwalifikasie en registrasie na stephny@magdalena.org.za

Leave a Reply